Monday, January 28, 2013

Vinnig middag

Soms is die tyd maar min en moet mens vinnig lekker kos maak.
Dan maak ons ons geliefde mossel/pasta gereg.
Kook spaghetti tot eldente en laat in toe kastrol staan.
Breek spinasie blare in vyf rand groottes en roer in die warm spaghetti in
Breek 'n halwe wiel feta kaas in die spaghetti mengsel ook een teelepel knoffel- roer deurmekaar
Voeg een blikkie gerookte mossels met olie by en roer weer deurmekaar
Laat staan 'n paar minute om te trek
Eet want dis lekker

Saturday, January 26, 2013

Druiwe/rooibos konfyt

Vandag het ek iets geproe-wow
Ons het begin om druiwekonfyt te maak.... maar
toe eers gemmerskysies gesny, papierdun, so twintig van hulle wat in lou rooibostee-water getrek is.
Toe kook ons die druiwe met suiker, die gemmertreksel en voeg so 'n wilde skeutjie brandewyn by.
Manne!

Friday, January 25, 2013

Passie vir spinasie

Eh hou van spinasie, jong blare vir slaai en groot blare vir my spinasie tert.
SPINASIE TERT
Hierdie korslose tert werk goed en kan as enkel maal gebruik word.
Jy benodig
Een winkel pakkie spinasie blare
Twee eiers
Koppie gewone jogurt
Een rolletjie feta kaas
Een eetlepel olyf olie, verkieslik Bo-Tuin olie
Plat teelepel Ina Paarman seesout
Knippie paprika
Opgehoopte teelepel knoffel
Een groot ryp tamatie

JY KAN OOK AS JY DIT AS HOOFMAALTYD WIL GEBRUIK
Een blikkie rooiboontjies
of, een opgekapte bakkie knopie sampioene byvoeg
METODE
Was en skeur spinasie in 'n oondbak wat 'n deksel kan kry
Meng al die ander bestandele tot dit verroom is
Gooi in spinasiebak en roer deurmekaar
Sny tamatie in dun skywe en plaas versigtig oor mengsel
Plaas deksel op die bak en sit in 'n koue oond.
Verhit die oond met die tert daarin tot 85 grade en los vir ten minste 45 minute

Haal uit en skep op as bydis
As jy boontjies of sampioene gebruik kan die dis as hoofdis gebruik word.

Thursday, January 24, 2013

Murgpampoentjie as bykos

Vir diegene wat hou van "geurige" kos. Maak 'n kerriesouspasta aan:
  • Opgehoopte eetlepel matige kerriepoeier
  • Knippie sout - verkieslik Ina Paarman se seesout
  • Teelepel gedroogde pietersielie
  • Opgehoopte teelepel knoffel
  • Eetlepel olyfolie
Roer al die bestandele in een koffiebeker koue water en laat stadig op die stoof warm word. Roer gedurig.

Intussen moet jy die tien murgpampientjies in plat skywe oor die lengte sny

Sodra jou sousmengsel kook en begin romerig raak sit die stoofplaat af, roer die rou murgpampoentjies in die room in, sit 'n digte deksel op die pan en los dit totdat jy bedien.
Dit moet nie langer as 30 minute staan nie ander raak die murgpampoentjies te sag. Dit moet krakerig wees.
Hierdie dis is genoeg vir vier mense.

Kosmaak is lekker

Na al die jare het ek besluit om maar my eie kosblog te skryf an sal so deur die weke my spesiale tegnieke en resepte op die blog sit.