Sunday, April 7, 2013

Laag slaai


Hierdie laag slaai is een van ons mees gewildste disse
Jy het nodig:
Een halwe pakkie klein spinasie blare
Halwe blomkool
Drie murgpampoentjies
Kwart Engelse komkommer
Een tamatie
Twee soetrissies, verkieslik geel en rooi
Bulgaarse jogurt - een koppie
Een wieletjie feta kaas
Teelepel knoffel
Teelepel droee pietersielie
Knippie koljander
Halwe teelepel Ina Paarman seesout.
Twee eetlepels olyfolie.
Verkap die spinasieblare en sit 'n laag onder in 'n slaaibak
Verkrummel die blomkool en komkommer en murgpampoentjies- ek doen dit met 'n Twista
Kap die tamatie en soetrissies fyn op.
Maak 'n laag blomkool bo-op die laag spinasie, dan 'n laag met die komkommer en murgpampoentjies
Verroom die jogurt met die feta en olie en geursel.
Maak 'n laag bo-op die groen mengsel
Versprei dan die gekapte soetrissies en tamatie bo-oor als
Pragtige dis en baie lekker.

Wednesday, March 6, 2013

GROEN VESELPERSKE ATJAAR


Jy benodig:
2 kg groen veselperskes
1 Kwart koppie suiker
2 teelepels sout
1 teelepel komein saad  
2 teelepels kardamon sade
1 teelepel papawer saad
1 teelepel fyn rooi chillie poeier
Kwart teelepel mostert
Twee koppies goeie olyfolie
So maak mens:
Was veselperskes en droog liggies. Sny met skil in fyn skywe van ongeveer 4 mm dik
Maak sade  fynerig in ‘n vysel.
Plaas die veselperske in ‘n glasbak in erg gesoute water en los vir een uur daarin. Dreineer en laat op papier handdoek effe afdroog.
Meng alles in ‘n glasbak. Plaas in vlekvrye staal kastrol en laat tot dit begin prut.
Sodra dit begin prut, verwyder van stoof en bottel in skoon bottels.
Seël die bottels en laat staan vir ten minste een week.
NASKRIF:
Hierdie besending veselperskes was ietwat te ryp en dus is die resultaat 'n bietjie soeter.

Friday, March 1, 2013

Waarskuwing

Ek het Scotch peppers persent gekry en dit toe ingele in wyn en geursel... maar vergeer om die pitte uit te haal. Die konkoksie brand soos die hel.
Moenie die pitte vergeet nie!

Wednesday, February 20, 2013

Op die tema van Spaghetti bolonaise

Ons was lus vir spaghetti bolognaise - maar sonder vleis en spaghetti:
Toe maak ons 'n groente soort vleislose bolognaise
Jy benodig:

  • 2 Groen soet rissies
  • Twee wortels
  • Vier murgpampoentjies
  • Ses blare spinasie
  • Een blikkie tamatie en ui
  • Een ui
  • Vars basiliekruid - een vol stammetjie
  • Knippie rooi peper
  • Ina Paarman Chili en knoffel-halwe teelepel
  • Een blokkie hoender ekstrak
  • Olyfolie-eetlepel
  • Komyn- knippie
  • Knippie paprika

So maak jy dit-
Kap al die groente fyn
Plaas groenrissies in 'n pan met water en die olyfolie - kook stadig tot sag vir so 5 minute
Voeg die verkrummelde blokkie hoender ekstrak en gekapte groente by
Voeg dan al die speserye by behalwe die basilie kruid
Laat prut op stoof vir 10 minute
Kap basiliekruid tot baie klein stukkies en voeg by net voor jy opskep
Bedien op penne pasta en as jy wil meng jogurt in na jy opgeskep het.

Tuesday, February 12, 2013

Hummus of ghoemoes, of wat ookal

Ons het 'n Arabier hier gehad en hy het die resep vir ons gegee:
Jy het nodig:
Keker ertjies - een blikkie vol of maak jou eie gaar
Halwe koppie dubbel room bulgaarse jogurt
Twee eetlepels olyfolie
Een eetlepel Tahini
Opgehoopte teelepel knoffel
Een teelepel komyn
Een teelepel sout
METODE
Meng alles saam
Verroom met 'n wilde veroom masjien
Laat staan totdat als koel is
Bottel en geniet!

Friday, February 8, 2013

Watter krui vir watter kos?


Kruie is geurige plante wat ons gebruik om alledaagse bestandele om te tower in uitstaande geregte.
Indien jy verkies om dit gedroog te gebruik kan jy die vars kruie uitspei op 'n bakplaat en vir 'n uur lank in 'n koel oond plaas.
Hier volg 'n lys van kruie wat ons gereeld (behoort te) gebruik asook verwysings na hul geneeskundige of ander gebruike.
Basielkruid - 'n Kruid om jou tone te laat omkrul. Hemels saam met tamatie, pasta, eiervrug, skorsies en spinasie. Maak vir jou tee hiervan saam met hiermee en jy sal nuwe lus vir die lewe kry. Stamp die gedroogde blare fyn en maak vir jou snuif vir verkoue en hoofpyn. Vars basielkruid help teen naarheid, verminder maagkrampe en help die liggaam om kos beter te verteer.
Grasuie - Hierdie kruid uit Europa kan ons gerus baie meer gebruik, al is dit as versiering. Dit gaan goed saam met eier, vis, souse, kaas, pluimvee en slaai. Indien jy dit in 'n warm gereg gebruik moet jy dit eers in die laaste vyf minute van die kooktyd byvoeg, anders gaan die smaak verlore. Die kruid kan aptyt aanwakker, dit is medisyne vir die niere en kan help om hoë bloeddruk te verlaag. Dit bevat ook vitamien A, C en foeliensuur, kalium, kalsium en yster.
Koljander - Wat is 'n kerrie sonder koljander. Die kruid gaan ook goed saam met hoender en Thaise geregte. Indien jy lighoofdig voel stamp jy 'n paar sade fyn en asem die walms in.
Komkommerkruid - Die blare van die plant smaak soos komkommer. Natuurlik 'n moet vir slaaie. Die blare kan ook gediepbraai word. Maak tee hiermee om jou bloedsomloop te verbeter.
Kruisement - Souse is meeste kruisement se voorland. Dit gaan ook goed saam met kalfsvleis, sop, slaai, jogurt, brood en meeste groente. Die tee help vir verkoue en spysvertering.
Laventel - Gebruik dit in koeke, beskuitjies en vla. Probeer ook jou eie laventelasyn te maak deur die blare 'n paar weke in asyn te laat lê.
Marjolein- Behalwe dat dit 'n mooi naam vir 'n meisie is gaan marjolein ook goed saam met pluimvee, slaai en botterbroodjies. Tee van hierdie plant verlig hoofpyn en help met spysvertering.
Oregano - Die familielid van marjolein is 'n geurige bymiddel vir pasta, rys, pizza, moussaka en tamatie. Soos marjolein verlig die tee hoofpyn en help dit met spysvertering.
Pietersielie - Meeste mense is vertroud met die staatmaker vir eier, aartappels, pasta, souse, pluimvee en vis. Maak tee met die plant vir hulp met die spysvertering en bloedsomloop. Vermy die krulblaar soort. Dit dien slegs as versiering. Wat jy wil gebruik is die platblaar Italiaanse pietersielie.
Roosmaryn - Die sterk aroma van die plant gaan goed saam met vark, kalfsvleis, bees, eend, brood, eiervrug en aartappels. Maak vir jou tee hiermee indien jy hoofpyn het, hulp nodig het met spysvertering of baie senuweeagtig is.
Salie - Die plant met sy silwergrys blare is 'n uitstekende geurmiddel vir pasta, vark, kalfsvleis en olierige vis. Om as versiering te gebruik diepbraai jy die blare. Die plant help vir mond- en keelseer. Insekte haat die reuk van salie.
Suurlemoengras - Die kruid staan reg vir enige Oosterse gereg of olierige vis. Die tee is goed vir oorwerkte niere en dit help om verkoue en koors te verlig.
Tiemie - Gebruik die kruid in bredies, sop, eier, vleis, hoender, vis en pasta. Behandel jou hoes, krampe, spysvertering en eetlus hiermee.
Vinkel - Vinkel is beslis nie nes koljander nie. Vinkel word meesal saam met vis gebruik maar dit is ook goed met slaai, pasta en rys. Die wortel van die plant is 'n groente op sy eie. Maak teesakkies van die kruid wat jy dan op seer oë plaas.