Sunday, April 7, 2013

Laag slaai


Hierdie laag slaai is een van ons mees gewildste disse
Jy het nodig:
Een halwe pakkie klein spinasie blare
Halwe blomkool
Drie murgpampoentjies
Kwart Engelse komkommer
Een tamatie
Twee soetrissies, verkieslik geel en rooi
Bulgaarse jogurt - een koppie
Een wieletjie feta kaas
Teelepel knoffel
Teelepel droee pietersielie
Knippie koljander
Halwe teelepel Ina Paarman seesout.
Twee eetlepels olyfolie.
Verkap die spinasieblare en sit 'n laag onder in 'n slaaibak
Verkrummel die blomkool en komkommer en murgpampoentjies- ek doen dit met 'n Twista
Kap die tamatie en soetrissies fyn op.
Maak 'n laag blomkool bo-op die laag spinasie, dan 'n laag met die komkommer en murgpampoentjies
Verroom die jogurt met die feta en olie en geursel.
Maak 'n laag bo-op die groen mengsel
Versprei dan die gekapte soetrissies en tamatie bo-oor als
Pragtige dis en baie lekker.

Wednesday, March 6, 2013

GROEN VESELPERSKE ATJAAR


Jy benodig:
2 kg groen veselperskes
1 Kwart koppie suiker
2 teelepels sout
1 teelepel komein saad  
2 teelepels kardamon sade
1 teelepel papawer saad
1 teelepel fyn rooi chillie poeier
Kwart teelepel mostert
Twee koppies goeie olyfolie
So maak mens:
Was veselperskes en droog liggies. Sny met skil in fyn skywe van ongeveer 4 mm dik
Maak sade  fynerig in ‘n vysel.
Plaas die veselperske in ‘n glasbak in erg gesoute water en los vir een uur daarin. Dreineer en laat op papier handdoek effe afdroog.
Meng alles in ‘n glasbak. Plaas in vlekvrye staal kastrol en laat tot dit begin prut.
Sodra dit begin prut, verwyder van stoof en bottel in skoon bottels.
Seël die bottels en laat staan vir ten minste een week.
NASKRIF:
Hierdie besending veselperskes was ietwat te ryp en dus is die resultaat 'n bietjie soeter.

Friday, March 1, 2013

Waarskuwing

Ek het Scotch peppers persent gekry en dit toe ingele in wyn en geursel... maar vergeer om die pitte uit te haal. Die konkoksie brand soos die hel.
Moenie die pitte vergeet nie!

Wednesday, February 20, 2013

Op die tema van Spaghetti bolonaise

Ons was lus vir spaghetti bolognaise - maar sonder vleis en spaghetti:
Toe maak ons 'n groente soort vleislose bolognaise
Jy benodig:

  • 2 Groen soet rissies
  • Twee wortels
  • Vier murgpampoentjies
  • Ses blare spinasie
  • Een blikkie tamatie en ui
  • Een ui
  • Vars basiliekruid - een vol stammetjie
  • Knippie rooi peper
  • Ina Paarman Chili en knoffel-halwe teelepel
  • Een blokkie hoender ekstrak
  • Olyfolie-eetlepel
  • Komyn- knippie
  • Knippie paprika

So maak jy dit-
Kap al die groente fyn
Plaas groenrissies in 'n pan met water en die olyfolie - kook stadig tot sag vir so 5 minute
Voeg die verkrummelde blokkie hoender ekstrak en gekapte groente by
Voeg dan al die speserye by behalwe die basilie kruid
Laat prut op stoof vir 10 minute
Kap basiliekruid tot baie klein stukkies en voeg by net voor jy opskep
Bedien op penne pasta en as jy wil meng jogurt in na jy opgeskep het.

Tuesday, February 12, 2013

Hummus of ghoemoes, of wat ookal

Ons het 'n Arabier hier gehad en hy het die resep vir ons gegee:
Jy het nodig:
Keker ertjies - een blikkie vol of maak jou eie gaar
Halwe koppie dubbel room bulgaarse jogurt
Twee eetlepels olyfolie
Een eetlepel Tahini
Opgehoopte teelepel knoffel
Een teelepel komyn
Een teelepel sout
METODE
Meng alles saam
Verroom met 'n wilde veroom masjien
Laat staan totdat als koel is
Bottel en geniet!

Friday, February 8, 2013

Watter krui vir watter kos?


Kruie is geurige plante wat ons gebruik om alledaagse bestandele om te tower in uitstaande geregte.
Indien jy verkies om dit gedroog te gebruik kan jy die vars kruie uitspei op 'n bakplaat en vir 'n uur lank in 'n koel oond plaas.
Hier volg 'n lys van kruie wat ons gereeld (behoort te) gebruik asook verwysings na hul geneeskundige of ander gebruike.
Basielkruid - 'n Kruid om jou tone te laat omkrul. Hemels saam met tamatie, pasta, eiervrug, skorsies en spinasie. Maak vir jou tee hiervan saam met hiermee en jy sal nuwe lus vir die lewe kry. Stamp die gedroogde blare fyn en maak vir jou snuif vir verkoue en hoofpyn. Vars basielkruid help teen naarheid, verminder maagkrampe en help die liggaam om kos beter te verteer.
Grasuie - Hierdie kruid uit Europa kan ons gerus baie meer gebruik, al is dit as versiering. Dit gaan goed saam met eier, vis, souse, kaas, pluimvee en slaai. Indien jy dit in 'n warm gereg gebruik moet jy dit eers in die laaste vyf minute van die kooktyd byvoeg, anders gaan die smaak verlore. Die kruid kan aptyt aanwakker, dit is medisyne vir die niere en kan help om hoë bloeddruk te verlaag. Dit bevat ook vitamien A, C en foeliensuur, kalium, kalsium en yster.
Koljander - Wat is 'n kerrie sonder koljander. Die kruid gaan ook goed saam met hoender en Thaise geregte. Indien jy lighoofdig voel stamp jy 'n paar sade fyn en asem die walms in.
Komkommerkruid - Die blare van die plant smaak soos komkommer. Natuurlik 'n moet vir slaaie. Die blare kan ook gediepbraai word. Maak tee hiermee om jou bloedsomloop te verbeter.
Kruisement - Souse is meeste kruisement se voorland. Dit gaan ook goed saam met kalfsvleis, sop, slaai, jogurt, brood en meeste groente. Die tee help vir verkoue en spysvertering.
Laventel - Gebruik dit in koeke, beskuitjies en vla. Probeer ook jou eie laventelasyn te maak deur die blare 'n paar weke in asyn te laat lê.
Marjolein- Behalwe dat dit 'n mooi naam vir 'n meisie is gaan marjolein ook goed saam met pluimvee, slaai en botterbroodjies. Tee van hierdie plant verlig hoofpyn en help met spysvertering.
Oregano - Die familielid van marjolein is 'n geurige bymiddel vir pasta, rys, pizza, moussaka en tamatie. Soos marjolein verlig die tee hoofpyn en help dit met spysvertering.
Pietersielie - Meeste mense is vertroud met die staatmaker vir eier, aartappels, pasta, souse, pluimvee en vis. Maak tee met die plant vir hulp met die spysvertering en bloedsomloop. Vermy die krulblaar soort. Dit dien slegs as versiering. Wat jy wil gebruik is die platblaar Italiaanse pietersielie.
Roosmaryn - Die sterk aroma van die plant gaan goed saam met vark, kalfsvleis, bees, eend, brood, eiervrug en aartappels. Maak vir jou tee hiermee indien jy hoofpyn het, hulp nodig het met spysvertering of baie senuweeagtig is.
Salie - Die plant met sy silwergrys blare is 'n uitstekende geurmiddel vir pasta, vark, kalfsvleis en olierige vis. Om as versiering te gebruik diepbraai jy die blare. Die plant help vir mond- en keelseer. Insekte haat die reuk van salie.
Suurlemoengras - Die kruid staan reg vir enige Oosterse gereg of olierige vis. Die tee is goed vir oorwerkte niere en dit help om verkoue en koors te verlig.
Tiemie - Gebruik die kruid in bredies, sop, eier, vleis, hoender, vis en pasta. Behandel jou hoes, krampe, spysvertering en eetlus hiermee.
Vinkel - Vinkel is beslis nie nes koljander nie. Vinkel word meesal saam met vis gebruik maar dit is ook goed met slaai, pasta en rys. Die wortel van die plant is 'n groente op sy eie. Maak teesakkies van die kruid wat jy dan op seer oë plaas.

Wednesday, February 6, 2013

Brandied figs

You need
Firm ripe figs - at least 2 kg
Castor sugar - at least one cup
Brandy- start with a bottle

Peel figs and pack a layer in a over proof dish
Cover with layer of castor sugar
Repeat till dish is full or no more figs available

Cover with brandy
Warm up in oven - do not cook but at least one hour at 100 degrees
Allow to cool and bottle

Allow to stand for at least 3 months.
Enjoy in moderate quantities.

Saturday, February 2, 2013

Groen Tai kerrie

Nou die dag stel iemand voor dat ek my groen kerrie resep maak.
JY HET NODIG:
Vier hoender filette
Twee eetlepels matige kerrie
Twee mooi vars groen soetpepers
Een blikkie kokosneut melk
Twaalf groen peperkorrels
Een plat teelepel geur sout soos Ina Paarman seesout
Opgehoopte teelepel knoffel
Eetlepel botter
METODE:
Sny die groenpepers in klein stukkies so groot soos 'n vingernael
Smelt die botter in 'n pan op die stoof
Voeg die kerrie by en roer tot romerig
Voeg die peppers by en roer tot effe sag
Voeg die knoffel en geursel by
Voeg die kokosmelk by en laat stadig warm word

One eie

Vir almal van julle wat van goeie kos hou, die bestandele moet ook goed wees. En hier by ons kry ons van die beste olyfolie vanaf Bo-Tuin.

Monday, January 28, 2013

Vinnig middag

Soms is die tyd maar min en moet mens vinnig lekker kos maak.
Dan maak ons ons geliefde mossel/pasta gereg.
Kook spaghetti tot eldente en laat in toe kastrol staan.
Breek spinasie blare in vyf rand groottes en roer in die warm spaghetti in
Breek 'n halwe wiel feta kaas in die spaghetti mengsel ook een teelepel knoffel- roer deurmekaar
Voeg een blikkie gerookte mossels met olie by en roer weer deurmekaar
Laat staan 'n paar minute om te trek
Eet want dis lekker

Saturday, January 26, 2013

Druiwe/rooibos konfyt

Vandag het ek iets geproe-wow
Ons het begin om druiwekonfyt te maak.... maar
toe eers gemmerskysies gesny, papierdun, so twintig van hulle wat in lou rooibostee-water getrek is.
Toe kook ons die druiwe met suiker, die gemmertreksel en voeg so 'n wilde skeutjie brandewyn by.
Manne!

Friday, January 25, 2013

Passie vir spinasie

Eh hou van spinasie, jong blare vir slaai en groot blare vir my spinasie tert.
SPINASIE TERT
Hierdie korslose tert werk goed en kan as enkel maal gebruik word.
Jy benodig
Een winkel pakkie spinasie blare
Twee eiers
Koppie gewone jogurt
Een rolletjie feta kaas
Een eetlepel olyf olie, verkieslik Bo-Tuin olie
Plat teelepel Ina Paarman seesout
Knippie paprika
Opgehoopte teelepel knoffel
Een groot ryp tamatie

JY KAN OOK AS JY DIT AS HOOFMAALTYD WIL GEBRUIK
Een blikkie rooiboontjies
of, een opgekapte bakkie knopie sampioene byvoeg
METODE
Was en skeur spinasie in 'n oondbak wat 'n deksel kan kry
Meng al die ander bestandele tot dit verroom is
Gooi in spinasiebak en roer deurmekaar
Sny tamatie in dun skywe en plaas versigtig oor mengsel
Plaas deksel op die bak en sit in 'n koue oond.
Verhit die oond met die tert daarin tot 85 grade en los vir ten minste 45 minute

Haal uit en skep op as bydis
As jy boontjies of sampioene gebruik kan die dis as hoofdis gebruik word.

Thursday, January 24, 2013

Murgpampoentjie as bykos

Vir diegene wat hou van "geurige" kos. Maak 'n kerriesouspasta aan:
  • Opgehoopte eetlepel matige kerriepoeier
  • Knippie sout - verkieslik Ina Paarman se seesout
  • Teelepel gedroogde pietersielie
  • Opgehoopte teelepel knoffel
  • Eetlepel olyfolie
Roer al die bestandele in een koffiebeker koue water en laat stadig op die stoof warm word. Roer gedurig.

Intussen moet jy die tien murgpampientjies in plat skywe oor die lengte sny

Sodra jou sousmengsel kook en begin romerig raak sit die stoofplaat af, roer die rou murgpampoentjies in die room in, sit 'n digte deksel op die pan en los dit totdat jy bedien.
Dit moet nie langer as 30 minute staan nie ander raak die murgpampoentjies te sag. Dit moet krakerig wees.
Hierdie dis is genoeg vir vier mense.

Kosmaak is lekker

Na al die jare het ek besluit om maar my eie kosblog te skryf an sal so deur die weke my spesiale tegnieke en resepte op die blog sit.